Friday 9 August 2013

'n Heerlike Vrouedag saam met Francois Ferreira!  Brode demonstrasie en gebak ten bate van SANCA.  Die dames was lekker spontaan, het lekker aan die brode met volstuis-, Olyf- en biltong-patees asook marmelade- pruim- en koejawel-konfyt gesmul.

Vrolikheid op Vrouedag, 8 Aug. 2013


Die Kitke deeg het reeds gerys en die Focaccia en Bagel deeg gaan nou rys.


Die spieëel van die dem tafel wasem op agv die stoom van die water waarin die Begels kook.  Ek maak toe maar 'n plan en gebruik 'n vadoek om dit weg te waai, sodat die dames in die pot kon sien!


Kitke, bagels en focaccia brode

Kyk net hoe gryp die dame na die bagel !

Ek hou 'n vry vorm en Francois die tradisionele gevormde focaccia vas.  Bo-op is roosmaryn en groen pimento olywe

Die brode wat ons gebak het was met 'n vraag-antwoord gewen en die dames is almal dol gelukkig en het heerlik aan die brode op die tafel geëet.

2 comments:

  1. Mens kry sommer lus vir die brood. Dit lyk na 'n plesierige paartie.

    ReplyDelete
  2. Dit lyk asof julle n wonderlike dag gehad het Trudie. Dis mooi foto's
    liefde Ambelene

    ReplyDelete