Thursday 11 July 2013

Aangesien ek Meisie Dixon se Sousbone resep met julle gedeel het, plaas ek graag ons dogter, Sinè Swanepoel, se ode wat sy aan Meisie opgedra het met haar afsterwe. 

Ode aan Meisie Dixon
(Al is ek net haar kleinniggie, was sy ‘n ouma vir my.  Sinè Swanepoel)

Sop en vetkoek op ‘n Vrydag
Sousbone-geur in April
Koffie-tjops in Desember
… was my ouma se treat vir ons.

Marmite altyd daar vir my midnight snack
‘n Ekstra hoenderboudjie na ‘n dag by die see
‘n sigaret of twee, want ek het alweer myne vergeet
… was my ouma se treat aan my.

Kondensmelk-koffie
Vars gebakte brood se korsie
Nog ‘n wiskey
… was my ouma se reël vir vakansies.

‘n Snoekbraai ‘n jaar
Met;  “Wie het my patat gesteel”
‘n toast broodjie wat nooit geëet word nie
… was ouma se vakasie vir die jaar.

Die weggesteekte koekie-blik
Wat altyd op my skoot beland
Met ‘n glas vars volroom melk
… en ‘n smile van “Dis ons geheim”.

My ouma was ‘n goeie mens
Maar moeilik om te verstaan
Maar altyd met nog ‘n plekkie
… Vir ‘n liefie in haar hart.

My ouma kan nie daar wees vir my troue nie
Maar sy weet, at last, is ek op die regte pad
Sy weet ek is gelukkig
… En dit is wat sy sou hê.

Ek is lief vir ouma
Nou en vir altyd
En ek is happy dat sy nou in
… Rus en vrede kan bly.
Sondag, 4 Maart 2012

No comments:

Post a Comment