---------------------------------------------------------------------------------
Lamsosaties met
boeremeisies
Maak
14 – 16 sosaties
Met
hierdie tradisionele resep, Rendil se gunsteling, skop hy die bal netjies oor
die pale en wen saam met Trudie die wedstryd. Die boeremeisies
(perskes in brandewyn) sorg vir nostalgie en die mangosalsa vir ekstra skop.
Marinade4 uie, in ringe
gesny
30 ml (2 e) kerriepoeier
10 ml (2 t) fyn gemmer
60 ml (¼ k) borrie
5 ml (1 t) fyn kardemom
2 steranys
8 suurlemoen- of lourierblare
125 ml (½ k) bruinsuiker
750 ml (3 k) asyn
440 ml appelkooskonfyt
250 ml (1 k) water
30 ml (2 e) kerriepoeier
10 ml (2 t) fyn gemmer
60 ml (¼ k) borrie
5 ml (1 t) fyn kardemom
2 steranys
8 suurlemoen- of lourierblare
125 ml (½ k) bruinsuiker
750 ml (3 k) asyn
440 ml appelkooskonfyt
250 ml (1 k) water
Vleis
1 kg lamsboud, in blokkies van 3 cm gesny
1 kg varkboud, in blokkies van 3 cm gesny
14–16 sosatiestokkies, in water geweek
1 kg lamsboud, in blokkies van 3 cm gesny
1 kg varkboud, in blokkies van 3 cm gesny
14–16 sosatiestokkies, in water geweek
Boeremeisies
500 ml (2 k) suiker
500 ml (2 k) water
750 ml (3 k) brandewyn
2 stukkies pypkaneel
400 g gedroogde perskes
500 ml (2 k) suiker
500 ml (2 k) water
750 ml (3 k) brandewyn
2 stukkies pypkaneel
400 g gedroogde perskes
Marinade
Kook al die bestanddele vir die marinade 45 minute lank saam en giet dit oor die vleis in ’n glas-, erde- of emaljebak. (Moenie die vleis in ’n metaalbak pak nie want die metaalkan
met die asyn reageer en die smaak beïnvloed.) Laat oornag staan om te marineer.
(Huiskok-wenk: ek laat staan my sosaties 2 dae en keer dit net gereeld om).
Kook al die bestanddele vir die marinade 45 minute lank saam en giet dit oor die vleis in ’n glas-, erde- of emaljebak. (Moenie die vleis in ’n metaalbak pak nie want die metaal
Boeremeisies
Kook al die bestanddele vir die boeremeisies, behalwe die perskes, 15 minute lank saam. Giet die sous oor die perskes en laat oornag staan.
Kook al die bestanddele vir die boeremeisies, behalwe die perskes, 15 minute lank saam. Giet die sous oor die perskes en laat oornag staan.
Samestelling:
Ryg die lamsvleisblokkies, varkvleisblokkies en
perskes om die beurt op die sosatiestokkies. Braai die sosaties oor matige kole
tot gaar en bruin.
---------------------------------------------------------------------------------
Ek en Rendil by die vrystelling van die Kokkedoor resepteboek in Kampsbaai, 10 Okt 2013
---------------------------------------------------------------------------------
Gerookte
aartappelslaai : Tiaan, Mynhardt en Trudie … Kokkedoor finaal
Errieda du
Toit, Kokkedoor se inhoudsvervaardiger en skrywer van Kokkedoor die Kookboek,
skryf in Saterdag 13 Julie se Die Burger NAWEEK oor haar kos-ervarings agter
die skerms. Sy het hierdie resep by
Tiaan en Mynhardt gekry.
Kook 1 kg klein
aartappeltjies met
die skil aan tot gaar en sny in halwes.
Plaas 6
rooibostee-sakkies se
teeblare in ‘n roker. As jy nie een het
nie, voer ‘n oondpan met foelie uit en gooi die rooibostee-blare bo-op. Plaas ‘n afkoelrakkie bo-oor en stapel die
aartappel-halwes daarop. Maak toe met
deksel om rook binne te hou. Plaas oor
matige hitte op ‘n stoof of gasplaat en rook vir sowat 15 minute.
Maak die Mayonnaise
Maak ‘n erde mengbak warm met sterk warm kraanwater. Droog vinnig af en gooi 3 eiergele in. Klits tot lig en skuimerig met elektriese
handmenger op hoog vir 3 minute.
Voeg by 5 ml droë mostert, sap van ‘n halwe
suurlemoen en knypie sout. Klits weer
op hoog vir 4 minute.
Voeg 750 ml olie stadig in ‘n dun stroompie
by. Moenie haastig wees nie. Klits tot al die olie in is en ‘n lekker dik
mayo gevorm het.
Meng by 4 gerasperde knoffelhuisies en gemengde
vars gekapte ksruie soos basiliekruid, koljander, tiemie en roosmaryn.
Droog 125 ml
kappertjiesade (capers)
met papierhanddoek af. Diepbraai in
warm olie tot bros en dreineer op paierhanddoek.
Meng kruie-mayonnaise deur die gerookte
aartappels. Strooi growwe swartpeper,
nog gekapte kruie en brosgebraaide kappertjiesaad oor.
_______________________________________________________________
Kokkedoor Profiel
TRUDIE NIEHAUS (ONTHOUKOK)
Kokkedoor 2013
Huidige beroep:
Dramadosent.
Geboortedatum: 6
Oktober 1955.
Is jy getroud:
Ja, met Peter Swanepoel op 9 Des. 1978.
Waar woon jy:
Wildernis, George, Wes-Kaap.
Waar het jy leer kook:
Boeke, demonstrasies en kosprogramme.
Wat is jou gunsteling-geur in die kombuis: Kaneel en
gebraaide uie.
Watter gereg maak jy die graagste: Bredies en lasagne.
Het jy ’n spesiale wenk in die kombuis: Pasop vir die boonste element van die oond.
Ek kan nie kook sonder . . . botter en/of suiker.
Trudie is ’n blymoedige en spontane mens en dra haar hart op
haar mou. Dié deeltydse dramadosent van George noem ‘n ding op sy naam. Sy lees
resepteboeke soos storieboeke en het ’n formidabele versameling kookboeke
waarvan die oudste al in 1928 uitgegee is. Trudie hoop dat Kokkedoor haar die
geleentheid sal bied om haar humorsin, stories en kos te deel, maar wonder tog
of sy gaan wen oor haar “gebak of bek”.
____________________________________________________________________________
More photos of the final Kokkedoor cook off:
Listening carefully to Tiaan's and mynhardt's brief
Henry and me sharing the same cooking station
The red table ready for the 60 guests
The winning announcement of Tian and Mynhardt and the red team
Mynhardt Joubert and Tiaan Langenegger
VIDEOS OF FINALS: http://kyknet.dstv.com/2013/07/08/kokkedoor-finale-kyk-hier/
More videos: KOKKEDOOR COMPETITION
11 April: Voorskou
11 April: Deel 1
11 April: Deel 2
18 April: Deel 1
18 April: Deel 2
25 April: Deel 1
25 April: Deel 2
2 Mei: Voorskou
2 Mei: Deel 1
2 Mei: Deel 2 (Trudie wen hierdie rondte!)
Printed articles:
George Herald (18 April 2013)
Eden Express (19 Maart 2013)
Huisgenoot (10 Mei 2013)
![]() |
Auditioning for the show |
No comments:
Post a Comment